Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Ontevrede studente van Suid-Kaap Kollege betoog vanoggend omdat NSFAS-beursgeld volgens hulle nog nie vanjaar uitbetaal is nie.
Volgens een van die studente het Suid-Kaap Kollege al die studente se relevante dokumente reeds in Februarie vir NSFAS aangestuur.
Die studente sê verder dat alhoewel hul klasgelde betaal is, is daar geen akkommodasie of persoonlike toelae aan hulle uitbetaal nie, wat hulle onder groot druk plaas.
VIDEO: Suid- Kaap studente betoog oor NSFAS- beursgeld
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'