Die Veldskoenbeurs en die Klein-Karoo Jeugtak-beurs sal aan studente die geleentheid bied om verder te studeer om so uiteindelik ekonomies onafhanklike lede van die samelewing te word.
Die Afrikaanse Beursinstituut het in 2008 begin met een studiefonds en het sedertdien tot 111 sterk studiefondse gegroei. In 2013 is R12,3 miljoen se studielenings toegestaan.
"Dit is verblydend om te sien dat gemeenskappe al hoe meer die waarde van saamwerk in die gemeenskap, vir die gemeenskap besef," sê dr. Danie Brink, die uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand.
"Gemeenskappe het die afgelope jaar bygedra om meer gemeenskapstudiefondse te stig. Hierdie studiefondse is spesifiek op die behoeftes van studente binne die betrokke streke of gemeenskappe toegespits."
Helpende Hand glo dat armoede voorkom kan word deur in opleiding te belê. "Die beurskonsep maak werklik 'n groot verskil in so baie jongmense se lewens," sê dr. Brink. "Individue, wat van ander afhanklik was om 'n bestaan te voer, kan na afloop van hul studies onafhanklik funksioneer."
Om deel te word van 'n beter toekoms, kontak Johanna Jacobs, die takvoorsitter by 082 870 0656 of Adele Wright by 082 550 5323.

Shanel Wright (Solidariteit Helpende Hand Klein Karoo Jeugtak - Voorsitter), Dinah Jacobs Solidariteit Helpende Hand Hoof: Afrikaanse Beursinstituut) en Johanna Jacobs (Solidariteit Helpende Hand Oudtshoorn – Voorsitter). Foto verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'