Gallery Update Video
OUDTSHOORN NUUS - Die brandweer is sowat 'n uur gelede ingeroep om brandende bande voor die hoofgebou van Suid-Kaapkollege te blus.
Betogende studente het die bande aan die brand gesteek.
Die studente se betoging het Dinsdag begin waarna hulle samesprekings met die kollegebestuur gehad het.
Dit blyk dat die samesprekings nie bevredigind was nie. Die studente het vanoggend weer begin betoog en is steeds met polisieteenwoordigheid besig met die betoging.
Hulle is onder andere ontevrede oor aanpassings aan die klasroosters, beursgelde wat nie uitbetaal word nie, probleme in die koshuise en aanstellings van permanente werknemers.
Kyk twee videos hieronder:
Lees 'n vorige artikel: Vreedsame betoging by Suid-Kaap Kollege
ARTIKEL EN FOTO: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'