Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Studente van Suid-Kaap Kollege wat ontsteld is oor beursgelde wat nie uitbetaal is nie, het weer in Oudtshoorn begin betoog.
Dit blyk dat die beursgelde van sommige studente nog nie deur NSFAS aan die kollege oorbetaal is nie.
Dit het verlede jaar ook gebeur dat sommige studente se administratieproses nie afgehandel is nie.
Volgens 'n persoon van die kollege word studente vroegtydig gewaarsku om voorsiening te maak ingeval gelde se uitbetaling vertraag word
Die polisie is op die toneel en Adderleystraat is vir verkeer gesluit.
Kyk 'n video hieronder.
VORIGE ARTIKEL: STUDENTE BETOOG OOR NSFAS-BEURSE
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'