OPVOLG: 5 Oktober 2020 @ 18:00 - Chandre Fielies, die student wat vroeër vandag as vermis aangemeld is, is oomblikke gelede deur die polisie gevind. Dit blyk dat sy ongedeerd is. Geen verdere inligting is beskikbaar nie.
OUDTSHOORN NUUS - 'n 23-jarige student van Suid-Kaap Kollege, Chandre Filies, is sedert verlede Vrydag vermis.
Volgens inligting wat die Oudtshoorn Courant bekom het is Fielies reeds sedert Vrydag vermis, maar het haar familie gedink dat sy moontlik iewers vir die naweek was.
Sy is vanoggend by die polisie as vermis aangemeld.
Kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie sê die polisie volg reeds leidrade op oor waar sy moontlik kan wees.
Indien enigiemand inligting het oor waar Fielies kan wees skakel asseblief haar ma, Sheryl Fielies by 0736402674.
Chandre Filies
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'