Die span wat uit vrywilligers bestaan het die afgelope maand begin om hulle buurt snags te patrolleer. Die vrywilligers werk in pare of in groter spanne saam en werk in sessies van drie ure elk.
Tydens die patrollies word daar ook 'n ogie gehou oor skole, kerke en oop stukke grond in hulle area.
Daar word veral aandag gegee aan die rietbos naby Aurial-kollege. Glen Snyman, die sameroeper van die straatwag noem dat die spanne al 'n hele paar rondlopers laatnag teëgekom het. Volgens hom ondersteun die polisie die inisiatief ten volle en doen self ook patrollies in die gebied. Van die inwoners het gesê dat hulle dankbaar is vir die inisiatief en dit ook ten volle ondersteun.
Jan Griebelaar van Sesdelaan 12, is onlangs as die straatwag koördineerder verkies en bedank elke vrywilliger vir sy bydrae.
Vir enige navrae kan hy by 079 137 2566 gekontak word.
Die manne wat snags sorg dat drie strate in Bridgton gepatrolleer word is, voor van links: Glen Snyman, Pieter Safers, Jan Griebelaar, Alister Coetzee en Frank Abrahams met Marius May, Rudy Sabad, Marcellus Theysse, Gerald Van Rheede en Fanie Swart agter hulle. Foto verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'