OUDTSHOORN NUUS - Die liggaam van ‘n onbekende manspersoon is vanmiddag in Loopstraat gevind. Met die aankoms van Oudtshoorn Courant op die toneel het die polisie se forensiese eenheid reeds die liggaam verwyder.
Volgens ‘n ooggetuie het dié persoon reeds sedert gister op dieselfde plek gesit.
“Ek het gister verby hom gestap, en gesien die oom het net een skoen aan, maar hy was maar altyd deurmekaar, daarom het ek nie gedink om te stop en te vra of hy orraait is nie. Vanoggend het hy nie meer gesit nie, maar langs die pad gelê.”
Die oorsaak van die man se dood is nie bekend nie.
Lees die volledige berig in Oudtshoorn Courant die week.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'