LADISMITH NUUS - 'n Groot eer het die stasiebevelvoerder van die Ladismith-polisiestasie, lt.kol. Jakobus Marthinus te beurt geval na hy op 1 Oktober na die rang van kolonel bevorder is.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, begin Marthinus op 1 November as nuwe stasiebevelvoerder in Brackenfell.
"Lt.kol. Marthinus het op 1 April 2014 in Ladismith begin. Een van die hoogte punte tydens sy termyn as bevelvoerder op Ladismith was toe hy aangewys was as bevelvoerder van die jaar in 2016. Ladismith-polisiestasie was ook aangewys as die beste polisiestasie in die Eden-kluster en in die Wes-Kaap. Tydens die polisie se nasionale prestige toekennings op 27 Januarie 2017 is Ladismith-stasie aangewys as die tweede beste polisiestasie in die land."
Marthinus het sy lede van Ladismith-polisie bedank vir hul ondersteuning die afgelope vyf jaar.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'