OUDTSHOORN NUUS - Kansa se Breastathon vir bewusmaking van kanker by vroue, gedurende Oktobermaand, het verlede Woensdag plaasgevind.
Die stap het by Laerskool Wesbank se sportterrein in Vredestraat begin en ook daar geëindig.
Volgens Adri Odendaal, volhoubaarheids- en dienstekoördineerder, het deelnemers dit baie geniet. Odendaal het ook alle borge wat die dag moontlik gemaak het, bedank.
Odendaal nooi lesers uit om Vrydag 22 Oktober om 10:30 die Oudtshoorn-kliniek te besoek waar sr. Lisinda Muller gratis gaan demonstreer hoe om tuisborsondersoeke te doen.
Kansa se geleentheidskalender is op hulle Facebook-blad beskikbaar.
Deelnemers van verlede Woensdag se Breastathon. Foto's verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'