Gallery
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Eden-sportraad het as deel van sy strewe na finansiële bemagtiging van sy sportfederasies ‘n werkswinkel rondom die bemagtiging aangebied.
Die werkswinkel is deur 73 lede van 31 sportfederasies bygewoon.
Dave van der Walt, sekretaris van die Eden-sportraad, sê: “As deel van die sportraad se bemagtingsbeleid word gereeld bemagtigingsprojekte aangebied om die lede te help groei.
"Vanjaar is verskeie sulke projekte aangebied, wat insluit misbruik van verbode middels, goeie bestuur, die Wes-Kaap-sportkonferensie, befondsing ondersteuning en aansoeke by department kultuur en sport en Lotto.”
In sy verwelkomingswoord het die voorsitter van Eden-sportraad, Desmond Speelman, die goeie bestuur van sportfederasies, wat finansiële bestuur insluit, onderstreep.
“Daar word met staats- en publieke geld gewerk en as sulks is gesonde bestuur, monitoring en kontrole van uiterste belang.”
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'