OUDTSHOORN NUUS - Dill Bills krieket-akademie het verlede week sop en brood vir 100 kinders in Bridgton uitgedeel.
Die akademie beoog om voortaan gereeld sopkombuisprojekte in die gemeenskap te hou.
Die akademie se stigterslid, Dillan Moos het al die borge bedank vir hul bydrae en gesê dat enige donasies welkom is sodat die stryd teen hongerte voortgesit kan word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'