OUDTSHOORN NUUS - "Dit is soos 'n lykskouing na die dood." Dit is hoe Helene Badenhorst, ondervoorsitter van die plaaslike sakekamer verlede Donderdag die vergadering tussen die burgemeester, Chris Macpherson, en sakelui van die dorp beskryf het wat oor die munisipale tariefverhogings gehandel het.
Macpherson het die week gesê die tariewe is reeds vasgestel en goedgekeur en in die provinsiale staatskoerant gepubliseer.
"Daar kan dus eers weer met volgende jaar se begroting daaraan verander word."
Inwoners is ontsteld oor die heffing van veral riool, vullisverwydering en elektrisiteitstariewe.
Alie Killian, mede-eienaar van BON Hotels en De Villiers Neethling, 'n plaaslike ontwikkelaar, het veral die kwessie oor riooltariewe geopper.
"Ons sit met toilette en met urinale in die hotelle. Tans betaal ons presies dieselfde prys vir die urinaal en die toilet. Dit maak nie sin nie.
Oudtshoorniete van elke uithoek van die dorp het Vrydag 11 Augustus hul misnoë met hoë munisipale tariewe bekend gemaak tydens die vreedsame aksie en vullissakke by die hoop gevoeg.
Slegs van die plakkate wat rondom die grasperk geplaas is. Foto's: Stefan Goosen
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’