OUDTSHOORN NUUS - Die 14de EDENfm Songs of Paradise is op Sondag 5 Augustus in die Bridgton Verenigende Gereformeerde Kerk met 'n nuwe baadjie deur JMC Projects en House of Entertainment aangebied.
Dit was 'n musiekproduksie met die tema 'Showers of Blessing' en deel van die radio se 15de bestaansjaarvieringe.
Volgens past. John Plaatjies, hooforganiseerder, is oudisies met talle plaaslike gospelgroepe en solokunstenaars van die Groter Oudtshoorn gehou.
Die groepe en soliste wat uiteindelik gekeur is om op die groot dag op te tree was die Fillippense massakoor, die Young Ambassadors, Holy Samaritans, House of Entertainment, die a capelle-groep Heavenly Messengers en drie vroulike gospelsangeresse, Lizelle van Hansen, Lusinda Stalmeester en Chanelle Hoogbaard van Hessequa.
Volgens Plaatjies sal Songs of Paradise moontlik in Oktober ook in die Hessequa-streek aangebied word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'