OUDTSHOORN NUUS -Lede van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit (GRDM) het vandag die nuwe solarsisteem by De Hoek Mountain Resort buite Oudtshoorn bekendgestel.
Volgens die munisipale bestuurder van die GRDM, Monde Stratu, is die projek deel van ‘n groter energiebesparings-inisiatief.
“Ons beplan ook om sonpanele by ons kantore in George, Riversdal en Calitzdorp Hot Springs op te sit. Ons wil ons koolstofvoetspoor verminder en minder afhanklik van Eskom wees. Die hoofdoel is om 100% onafhanklik te wees.”
Passmore Dongi, GRDM se projekbestuurder, het gesê dat hulle tans R45 000 per maand aan elektrisiteitsrekeninge vir De Hoek spandeer.
“Ons wil dit, deur middel van die sonpanele met minstens 80% verminder. De Hoek is nie 100% afhanklik van die panele nie, maar dit sal op die langtermyn finansieel ‘n reuseverskil maak.”
Lees die volledige berig in volgende week se Oudtshoorn Courant.
Van links is Passmore Dongi, Gert van Niekerk, Memory Booysen, Monde Stratu, Lusanda Menze en Menno Sulsters.
Die nuwe sonpanele.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'