KLEIN KAROO NUUS - Die gemeenskap van die ganse Ladismith is Saterdagaand geskud toe dit bekend geword het dat die beminde 44-jarige sokkerafrigter,van die klub FC Young Blood, Moos Fortuin, gesterf het.
Fortuin het op Saterdag 6 Januarie om 22:00 by die bekende Ladismith Kaas, kaasfabriek vir diens aangemeld. Fortuin is deur sy vrou, Renè, afgelaai toe hy deur 'n vragmotor van sy werkgewer raakgery is.
Sersant Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het in n verklaring bevestig dat Fortuin veelvuldige beserings opgedoen het en deur paramedici op die toneel dood verklaar is. Spies noem ook in sy verklaring dat die ondersoek na die omstandighede van Fortuin se dood voortduur. Die Oudtshoorn Courant het die gesin Sondag besoek.
Jong sokkerspelers het in ongeloof in en buite die woning van Fortuin gesit. Een van die ouers van die seuns teenwoordig het bevestig dat Fortuin bemind was en selfs sy span vir die afsluiting van die seisoen verlede jaar op `n uitstappie na die Wildernis en Knysna geneem het. Begfrafnisreëlings is nog onbekend.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’