DE RUST NUUS EN VIDEO - Eg aan die Karoo het 'n trop skape met die Meiringspoort MTB en Trail Run Challenge vir groot vermaak gesorg.
Die atlete was op pad eindstreep toe en moes De Rust se hoofstraat deur die dorp kruis, toe die trop skape, onder toesig van 'n boer en sy werknemers doodluiters in die hoofstraat die kruising genader het.
Verkeer van beide kante het tot stilstand gekom en moes pad maak vir die vee om verby te kom. Intussen moes die organiseerders en provinsiale verkeersdienste spoedig planne beraam om nie die atlete se spoed te breek nie.
Die 20 km-wenners, John April en Gerswill Jacobs het die trop skape net-net gemis, toe hulle die pad oorsteek.
Geen atlete se spoed is gebreek nie en soos 'n provinsiale verkeersbeampte na die insident gesê het, "so iets sien jy net in die Karoo".
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'