OUDTSHOORN NUUS - Stiaan Snyman van Helderberg Harriers was Saterdag se wenner van die eerste Oudtshoorn-parkrun vir 2022 by Surval Olyflandgoed met 'n tyd van 25 minute 42 sekondes.
Altesaam 41 drawwers en stappers het deelgeneem.
Brian Daniels was tweede met sy tyd van 27 minute 18 sekondes, gevolg deur Albertus Kennedy wat in die derde plek met sy tyd van 27 minute 34 sekondes geeindig het.
Jeanne Oosthuizen was met haar sesde plek die eerste vrou oor die wenstreep.
Die 11-jarige Quinn Brooks was die eerste junior.
Saterdag se voorste drawwers:
- Stiaan Snyman (25:42)
- Brian Daniels (27:18)
- Albertus Kennedy (27:34)
- Fanie Olivier (27:38)
- Francois Le Roux (27:40)
- Jeanne Oosthuizen (28:20)
- Jacques Jacobs (28:35)
- Mathys Myburgh (29:26)
- Jenn Seady (29:27)
- Annemarie Le Roux (31:27)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'