OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorniete het vandag, Vrydag 2 Mei die ysigheid in die weer gevoel met die Swartberge wat toegewikkel is in 'n sneeukombers.
Die Swartbergpas is egter wel oop vir verkeer aangesien dit nie baie swaar sneeu is wat geval het nie.
Koue weer is wel voorspel met sneeu op hoogliggende gebiede in die Wes-Kaap.
Heelwat inwoners het vanoggend gegryp na 'n jas en 'n mus met die snerpende koue en temperatuur wat op 8 grade gemeet is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’