Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Mense van Oudtshoorn, George en Mosselbaai is besig om op die Swartbergpas toe te sak om sneeu te kyk.
In die bykans 'n uur wat die Oudtshoorn Courant net verby Kobus se Gat was, het tientalle voertuie verbygery.
Die pas is nie eintlik oop vir verkeer nie, maar dit blyk dat die aantrekkingskrag van die sneeu net te groot is.
'n Motoris wat vroegoggend met sy 4x4-bakkie op die pas was, het gewaarsku dat dit uiters glad is.
FOTOGALERY: MOTORS STROOM BERGE TOE
Kyk 'n video hieronder.
Mense om die vuur by Kobus se Gat.
Swartbergpas.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'