Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Woedende inwoners van Smartie Town het vanoggend buitebande aan die brand gesteek omdat hulle ontevrede is oor werksgeleenthede in hul woongebied wat volgens hulle, aan ander inwoners buite hul area toegeken word.
Die raadslid van wyk 5 waarin Smartie Town geleë is, Abraham Tiemie, het die inwoners toegespreek en aan die inwoners verduidelik hoe die prosesse werk.
'n Groot polisieteenwoordigheid was teenwoordig tesame met die brandweer wat die brande bande geblus het. Die ontevrede inwoners tesame met raadslid Abraham, het onderneem om vandag antwoorde van die betrokke kontrakteurs te kry.
Video - Woedende inwoners van Smartie Town betoog oor werksgeleenthede (Video: Wyndham Ewerts).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’