OUDTSHOORN NUUS - Veertig jaar gelede het 'n oogtoets heelwat minder as tien rand gekos en 'n pasiënt kon met 'n splinternuwe bril by Slabber & Slabbert Oogkundiges uitstap vir minder as wat vyf liter brandstof vandag kos. Intussen het alles verander, ook die tegnologie waarmee oogkundiges hulle diens lewer.
Wat egter nooit in veertig jaar verander het nie, is die persoonlike diens, toewyding en professionaliteit waarmee Slabber & Slabbert Oogkundiges na hulle pasiënte omsien.
Toe Chris Slabber en Louis Slabbert in 1977 die praktyk, Adam Botha Oogkundige, in die destydse Trustbank Arkade gekoop het, het hulle reeds besluit hulle diens gaan van so 'n aard wees dat mense vir dekades sal aanhou om hulle te ondersteun. Vandag kan hulle terugkyk en bevestig dat hulle onderneming om mense op hul beste te laat sien en op hulle beste te laat lyk steeds vrugte afwerp.
Chris en Louis was destyds die enigste oogkundiges wat vanuit Oudtshoorn dorpe sover as Laingsburg, Ladismith, Willowmore en Beaufort-Wes bedien het. In 1999 het 'n derde oogkundige en boorling van Oudtshoorn, Marita Bouwer, by Slabber & Slabbert aangesluit.
Met 'n nagraadse diploma in sportvisie en met kundigheid oor produkte wat spesifiek op sportlui van toepassing is, is Marita 'n groot aanwins vir die praktyk.
Dat Slabber & Slabbert puik, persoonlike en betroubare diens lewer word bevestig deur die feit dat pasiënte se kinders en kleinkinders, selfs die wat reeds verhuis het, steeds die praktyk besoek.
Volgens die drie oogkundiges gaan dit vir hulle nie slegs daaroor om die nuutste tegnologie en die beste produkte aan te bied nie, 'n groot deel van hulle diens is die persoonlike kontak met hulle pasiënte om te verseker dat pasiënte tuis voel en ontspan.
Hiervoor sorg 'n span lojale werknemers waarvan 'n hele aantal reeds jare by Slabber & Slabbert Oogkundiges in diens is. Die personeellid wat spog met die langste diens is Wilma du Plessis wat reeds 29 jaar by die onderneming is.
Met die leuse, Jou visie is ons fokus, bied Slabber & Slabbert 'n wye verskeidenheid dienste en topprodukte wat alle aspekte van oogsorg insluit. Behalwe vir die drie uiters bekwame oogkundiges en assistente het Slabber & Slabbert ook hulle eie lenslaboratorium met 'n tegnikus wat beteken dat baie van die brille op dieselfde dag as die konsultasie gereed kan wees.
Alhoewel Chris reeds verlede jaar sy aandele aan Louis en Marita verkoop het, en voorberei vir aftrede, is hy steeds betrokke by die praktyk.
Gemeenskapsbetrokkenheid is belangrik vir Slabber & Slabbert Oogkundiges en om dit uit te leef is hulle personeel gereeld betrokke by gemeenskapsprojekte soos die borg van gholfdae en deelname aan die jaarlikse rolbal besigheidsliga en verskeie ander geleenthede.
Vir meer inigting oor hierdie besigheid wat reeds vir 40 jaar 'n instelling op die dorp is, besoek hulle webwerf by www.slabberandslabbertoptoms.co.za en besoek gerus hulle Facebookblad.
Vir afsprake en produk- en diensnavrae besoek die praktyk by Kerkstraat 97 of skakel hulle by 044 279 1636.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'