Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die Oudtshoorn-tak van die ATKV en die Klein Karoo Skrywersforum het verlede Woensdagaand hulle deel tot Erfenismaand bygedra met 'n aanbieding by die Cape Karoo Ostrich Emporium.
Lede van die skryfforum en skrywers uit die gemeenskap het van hulle werk voorgelees en gesing. Die Kallieklip Rieldansers van Calitzdorp het ook opgetree.
Die ATKV het die dansers se vervoerkoste betaal en ook verversings vir die aand voorsien.
Kyk 'n video hieronder:
Volgens Suzanne Ongansie, die organiseerder van die aand, is Oudtshoorn ryk aan stories wat oor verskillende kulture strek en die aand was 'n manier om mense van oor al die verskillende kulture bymekaar te kry sodat die diversiteit ervaar kan word.
Deon Jacobs, tesourier van die plaaslike ATKV-tak het met die oorhandiging van hulle bydrae aan die rieldansers gesê die ATKV is opgewonde om deel te kan wees van inisiatiewe soos hierdie wat Afrikaans sowel as kultuurerfenis bevorder.
Die Kallieklip Rieldansers het uit Calitzdorp gery om deel te neem.
Suzanne Ongansie (links) by die plaaslike ATKV-tak. Van links is: Deon Jacobs, Dina Jacobs, Christelle Botha en Petro le Roux.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'