OUDTSHOORN NUUS - Kansa Oudtshoorn se gewilde Relay for Life word op 11 Maart by Laerskool Wesbank se sportterrein in Vredestraat aangebied.
Kansa nooi alle besighede, maatskappye, skole, gesinne en kollegas uit om 'n span vir hierdie geleentheid in te skryf.
'n Span bestaande uit 10 deelnemers sal R600 betaal, en 'n span wat uit 15 deelnemers bestaan sal R750 betaal (dit sluit die luminaria-sak in).
Spanne moet ook bereid wees om iets op die veld aan te bied om geld vir Kansa in te samel - of dit nou iets te ete of 'n aktiwiteit soos 'n speletjie is. Daar is verskeie pryse op die spel vir die span met die beste gees, beste tema en die span wat die meeste geld ingesamel het tydens dié geleentheid.
Seuns sal ook die middag 'n geleentheid kry om kankeroorwinnaars te vereer en die middag vir hulle spesiaal te maak. As jy 'n kankeroorwinnaar is, of iemand ken wat is, kontak asseblief vir Adriana Robinson by 084 679 2770 sodat ons 'n uitnodiging aan u kan oorhandig.
Vrywilligers is ook welkom om by die geleentheid betrokke te raak. Kansa is veral op soek na besighede wat skenkings wil maak, dit hoef nie net finansieel te wees nie - dit kan ook in die vorm van 'n geskenk wees.
Vir enige navrae kan die voorsitter, Ingrid Noble by 071 339 6993 of Adri Odendaal by 072 133 0444 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'