Gallery
DE RUST NUUS - 'n Peperduur bottel Whisky, 'n spook wat in 'n kis slaap en rooi rose uitdeel, bejaardes op toer en 'n skelm hoteleienaar het Saterdagaand vir groot vermaak in 'n stampvol kerksaal in De Rust gesorg.
Dié verhoogpetalje was die nuutste produksie van die De Rust Toneelgeselskap waaraan hulle reeds die afgelope drie maande geoefen het.
Ben Pretorius het die stuk, Fondse II, as 'n opvolg op verlede jaar se toneelstuk geskryf.
Die gehoor het geskater vir die manewales van Niekie Eksteen, Lanie-Marie Roets, Bernard Delport, Lydia Elstadt, Pieter Schoeman, Lettie Very, Ben Pretorius, Marnus Barnard en Andries Fourie.
Ses trusteelede van die Bewende Bene Ouetehuis beland by 'n hotelletjie in Skotland waar twee van hulle 'n duur bottel whisky as belegging wil koop.
'n Liefdesverhaal tussen een van die bejaardes en 'n spook, 'n onetiese dokters wat mense links en regs inspuit om hulle tot bedaring te bring en 'n boerseun wat in 'n Skotse rokkie paradeer was maar 'n paar van die tonele wat tot groot vermaak gelei het.
ARTIKEL & FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'