`n Totaal van 102 kunsvliegvlieëniers het die dorp verlede week besoek. 219 vliegtuigies het sowat 400 vlugte onderneem en aanhangers van die sport kon hulle verlekker in die duur speelgoed asook die vaardighede van die eienaars.
Tony en Sarah Stevenson was twee van die naweek se belangrike gaste. Tony Stevenson is die besturende direkteur van Traplet Publications, `n Britse uitgewer met `n reeks tydskrifte in hul stal wat fokus op verskeie stokperdjies. Stevenson het ook reeds eiendom in Oudtshoorn aangeskaf en beplan om hierdie dorp sy hoofkwartier te maak.

Die burgemeester se verwelkomingsfunksie verlede Donderdagaand by die Oudtshoorn-rolbalklub was `n geleentheid vir die entoesiaste van die sport om mekaar beter te leer ken. Van links staan Arenholdt Hooper, voorsitter van die Kango-vliegklub, Gordon April, burgemeester van Oudtshoorn met Tony en Sarah Stevenson.
FOTO'S: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS