Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Eden Meals on Wheels wat hoofsaaklik in die groter Oudtshoorn-omgewing etes voorsien, het Maandag sewe ton kos van 'n skenker ontvang.
Die kosvoorraad wat onder andere uit blikkieskos, meel, groente en vrugte bestaan het is by 'n perseel in die middedorp afgelewer en vrywilligers het ure gewerk om meer as 330 voedselpakke op te maak.
Volgens Henrico Kumutu, koördineerder van Eden Meals on Wheels, word die pakke aan gesinne uitgedeel wat op 'n lys van Meals on Wheels is.
"Normaalweg voorsien ons etes aan bejaardes en mense met gestremdhede, maar in hierdie geval gaan dit aan gesinne in nood." Hy sê dat Eden Meals on Wheels normaalweg bykans 18 000 etes per maand aan hulpbehoewende mense in die groter Oudtshoorn-omgewing skenk.
"Ons is uiters dankbaar vir mense met goue harte wat hierdie pad saam met ons stap en vir openbare figure soos byvoorbeeld die burgemeester wat ons ondersteun."
Hy noem ook dat die eienaars van die perseel waar die voedsel geberg en verpak was, reeds die afgelope drie jaar saam met Meals on Wheels werk.
Mense wat graag by Meals on Wheels betrokke wil raak en hulp verleen kan Kumutu per e-pos kontak by edenmealsonwheels@gmail.com of by 074 818 4060.
Kyk 'n video hieronder:
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'