Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Eden Meals on Wheels deel vandag meer as 300 voedselpakke in die gemeenskap uit.
Vrywilligers het sedert gister onverpoosd gewerk om 'n skenking van 7 ton kos te verpak om uitgedeel te word.
Volgens Henrico Kumutu, koördineerder van die projek, verskaf Meals on Wheels onder normale omstandighede ongeveer 18 000 etes per maand aan hulpbehoewendes in die groter Oudtshoorn omgewing.
Mense wat graag 'n bydrae wil maak, kan hom kontak per epos by edenmealsonwheels@gmail.com
Kyk 'n video hieronder:
Sewe ton kos is ontvang van donateurs.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'