OUDTSHOORN NUUS - 'n Laerskoolleerder van ongeveer 10 jaar is omstreeks 15:15 in Petunialaan deur 'n motor raakgery toe hy die straat oorgesteek het.
Paramedici het 'n enkelbesering op die toneel behandel waarna die seun per ambulans hospitaal toe geneem is.
Dit blyk dat daar 'n voorval tussen ander kinders oorkant die straat was wat sy aandag getrek het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'