OUDTSHOORN NUUS - Die stadsraad het verlede week twee persone in waarnemende hoedanigheid in die direkteursposte van finansies en tegniese dienste aangestel.
Die poste is vakant sedert Felix Lötter (finansies) en Chris Koch (tegniese dienste) in Oktober bedank het.
Louis Fourie is op 12 November tydens 'n spesiale raadsvergadering as waarnemende direkteur van tegniese dienste aangestel. Hy het in September vanjaar na 41 jaar diens by verskeie munisipaliteite afgetree. Hy was onder andere by munisipaliteite soos Sandton, Tzaneen en George en is ook na Knysna en Mosselbaai gesekondeer.
Tydens die voortsetting van die raadsvergadering op 13 November is Jason Solomons as waarnemende direkteur van tegniese dienste aangestel. Hy is 'n amptenaar by die munisipaliteit waar hy kapitale projekte bestuur.
Intussen het die werwingsproses vir die voltydse aanstelling van kandidate in die twee poste reeds begin nadat advertensies twee weke gelede geplaas is.
Daar word voorsien dat permanente aanstellings vroeg in 2020 gemaak sal word.
Louis Fourie wat as waarnemende direkteur van finansies aangestel is.
Foto's verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'