Video
OUDTSHOORN NUUS & VIDEO -'n Sekerheidswag wat aan diens was by 'n plaaslike besigheid, is om ongeveer 11:00 dood toe hy aan 'n elektriese heining geraak het.
Volgens voorlopige inligting blyk dit dat die man 'n gedeelte lemmetjiesdraad wou herstel toe die stuk draad waarmee hy besig was aan die geëlektrifiseerde gedeelte geraak het.
Hy is op die toneel dood. Verbygangers het die liggaam teen die draad gesien en alarm gemaak.
Die oorledene was Tjaart van der Walt. Hy was getroud en in sy laat veertigs.
Sien 'n video hieronder:
Polisievoertuie op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'