OUDTSHOORN NUUS - Lede van Oudtshoorn-polisie het op 24 Maart die Oudtshoorn-hospitaal besoek om doeke aan die kraamafdeling te oorhandig.
Die doeke is deur Gift of the Givers aan die SAPD in Oudtshoorn geskenk om na goeddenke te versprei.
Drie SAPD-lede, kol. J J Stripp, ao. Leilah Claassen en sers. Jacinda April het van die besoek aan die hospitaal gebruik gemaak om lede van die publiek oor gesinsgeweld bewus te maak.
Hulle het inligtingspamflette aan mense by die hospitaal se ongevalle-afdeling uitgedeel en met mense gesels oor maniere om gesinsgeweld aan te spreek en te beperk.
Kol.J J Stripp gesels met een van die pasiënte by die ongevalle-afdeling van die Oudtshoorn-hospitaal tydens die polisie se bewusmakingsprojek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'