Volgens hulle mediabeampte, ao. Jan Cederas, het Ladismith die toekenning ontvang in die kategorie arrestasie van die jaar, tydens die Wes-Kaapse Prestige Awards Ceremony in Kaapstad op 19 Junie. Hulle het die toekenning ontvang vir die arrestasie van kabeldiewe van Mosambiek wat in Januarie koperkabels ter waarde van R42 000 gesteel het.
Die diewe is binne twee dae na die diefstal vasgetrek. Vir die SAPD-lede op Ladismith is toekennings nie iets nuuts nie. Verlede jaar het hulle bevelvoerder lt.kol. P Macala, wat intussen 'n bevorderingspos elders aanvaar het, die toekenning as bevelvoerder van die jaar ontvang, in 2010 is Ladismith se polisiestasie aangewys as die beste polisiestasie in die land terwyl kapt. Francois Linde in 2008 aangewys is as die speurtakbevelvoerder van die jaar.
Volgens Cederas word die polisiestasie se suksesse toegeskryf aan wedersydse vertroue tussen bevelvoerders en lede en die mate waarin lede die Vryheid gegee word om hulle pligte te verrig.
Die gebiedsbevelvoerder van die Oudtshoorn-sone, brigadier Aneeqah Jordaan, het tydens die oorhandigingsgeleentheid haar trots op Ladismith en die Oudtshoorn-sone in die algemeen uitgespreek.

Die vorige bevelvoerder van Ladismith SAPD, lt.kol. P Macala (links) en brig. Aneeqah Jordaan (gebiedsbe-velvoerder) langs hom saam met lede van die Ladismith SAPD wat die toekenning ontvang het. Foto verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Klein-Karoo nuus'