OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-rolbalklub se komitee het vanoggend besluit om weens die reën vanaand se sesde en laaste ronde van die sakerolballiga na Woensdag 22 November te skuif.
Woordvoerder en komiteelid van die rolbalklub, Alewyn Hanekom, het vanoggend in ‘n epos aan meeste van die deelnemers geskryf, “Ons moet u hiermee in kennis stel dat vandag se wedstryde na volgende Woensdag 22 November verskuif as gevolg van die weer.
"Ons het ongelukkig geen ander keuse nie omdat die bane baie nat is. Die kanse is ook goed dat ons kan nat reën.”
Hanekom het alle deelnemers bedank vir hul begrip in hierdie verband.
“As daar van u is wat na die wedstryde volgende week wil braai, is u welkom.
"Ons het die kole en roosters beskikbaar. Kom braai gerus en kuier lekker saam met ons.”
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'