OUDTSHOORN NUUSFLITS - Ben Vrey Snr, die sakeman wat in 2012 op vier klagtes van seksuele teistering in hegtenis geneem is, se verhoor het hierdie week in die Oudtshoorn-streekhof voortgegaan.
Drie van die klaagsters is kelnerinne wat vir hom gewerk het en die ander is 'n meisie wat toe 13 was. Adv. Alfred Schmidt het in opdrag van Vrey se prokureur, mnr. Louis Oosthuizen, in dié twee dae opgetree.
Berna Terblanche, Vrey se voormalige sekretaresse en Niel Skippers, 'n kontrakteur by Vrey se boumaatskappy, het Dinsdag vir die verdediging getuig.
Landdros Daniel Boks het die saak tot 10 April uitgestel. Die verhoor sal dan voortgaan.
Lees meer in môre se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'