Ellen Barnard van Jay Jay Bikes het 'n bromponie, wat haar man Kobus gediens, het by die eienaar gaan aflewer toe sy geval het.
Die gedeelte van die teer in hierdie pad is verlede jaar verwyder toe die munisipaliteit aan waterpype gewerk het en is nooit herstel nie.
Ellen het gekraakte ribbes en twee ernstige skaafplekke aan haar arm en been opgedoen.
Kobus het bevestig dat sy prokureur besig is om 'n eis teen die munisipaliteit op te stel.
'n Navraag is aan die munisipaliteit gestuur.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
.jpg)
Die eienaar van die bromponie, Rouel du Preez op die beskadigde fiets by die gedeelte van die pad wat vol gate is.
FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR