OUDTSHOORN NUUS - APD (Association for Persons with Disabilities) hou elke jaar 'n kompetisie vir die besgeklede instansie of skool volgens die tema van Loslitdag.
Vanjaar se tema was 'Time to shine', waar almal in neon kleure of alles wat skitter kon aantrek.
Die wenner van hierdie jaar se Loslitdag-kompetisie vir besgeklede instansie/ skool is Sacred Heart Primêr.
APD wil ook vir Sacred Heart Primêr en Bridgton Sekondêr bedank vir die muntlegging wat hulle aan APD geskenk het. APD bedank ook Laerskool Wesbank wat die meeste plakkers vir Loslitdag verkoop het.
Loslitdag is 'n bewusmakingsprojek vir persone met gestremdhede.
Sacred Heart Primêr was vanjaar die wenner van Loslitdag-kompitisie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'