OUDTSHOORN NUUS - Die trompoppies van Laerskool Sacred Heart het danksy die bedinging van die SWD-rugbyvoetbalunie (SWDRVU) 'n bedrag van R20 000 van SuperSport ontvang wat die skool in staat gestel het om aan vanjaar se nasio-nale trompoppiekampioenskap in Durban deel te neem.
Die span het volgens die adjunkhoof van die skool, Jonathan Wicomb, goed gevaar en in die algehele agtste plek in die taai Elite-liga geëindig.
Die trompoppies het tydens die onlangse wedstryd tussen die SWD Arende en die Wes-telike Provinsie op die Bridgton-sportterrein, wat regstreeks deur SuperSport uitgesaai is, opgetree.
Volgens Hennie Baartman, president van die SWDRVU, was SuperSport baie beïndruk met die trompoppies se vertoning.
Die skoolhoof, Godfrey McCallum, het namens die skool sy dank tenoor die SWDRVU en Super-port uitgespreek vir die skenking.
Die president van die SWD-rugbyvoetbalunie, Hennie Baartman (middel) oorhandig die tjek aan die skoolhoof, Godfrey McCallum. Links staan die adjunkhoof, Jonathan Wicomb, en regs die span se afrigter, Alicia Booysen.
Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'