OUDTSHOORN NUUS - Die konstruksiemaatskappy, Ruwacon (Pty) ltd het verlede Vrydag 'n tjek van R100 000 tjek aan die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) geskenk.
Die oorhandiging het tydens die 36ONE fietswedren plaasgevind en is oorhandig aan Adri Odendaal, volhoubaarheidsprojek-koördineerder van KANSA-Oudtshoorn.
Om fondse in te samel is fietsryhempies ontwerp deur Ruwacon. Agter-op die hempie is daar drie kategorieë gedruk, fighters (mense wat tans met kanker 'n stryd voer), heroes (mense wat die stryd teen kanker verloor het) en survivors (mense wat hulle stryd teen kanker gewen het).
Enigiemand kon R1 500 skenk om die naam van 'n familie-lid, vriend of kennis onder een van die drie kategorieë te verewig.
Die 360ONE Ruwacon-span tydens die oorhandiging van die donasie aan KANSA.
Ruwacon gebruik die 36ONE en Munga wedrenne om blootstelling te kry vir mense wie 'n stryd teen kanker voer of gevoer het.
Met die skenking hoop die groep om die bewusmaking van kanker te bevorder en 'n verskil in die lewens van kankerpasiënte te maak wat dit nodig het.
Odendaal het gesê dat dit fantasties is dat daar nog instansies soos Ruwacon is, wat onbaatsugtig vir KANSA ondersteun.
"Hierdie skenking gaan help om dienste in ons gemeenskap te volhou soos byvoorbeeld, pasiëntversorging, mediese toerusting (rolstoele, loopringe, doeke ens.) en ondersteuning te bied. Baie dankie Ruwacon-span vir julle oop harte. Hierdie skenking gaan 'n groot veskil maak."
Die fietsryhempie wat spesiaal ontwerp is met die name en drie kategorieë agter-op geprint.
Die Ruwacon-groep het die gepaste sokkies gedra.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'