OUDTSHOORN NUUS - Nadat die gewilde Rust en Vrede Waterval vir maande gesluit was, is dit hierdie week vir besoekers oopgestel.
Die waterval is aanvanklik gesluit weens 'n ernstige brand in Desember 2015.
Na die brand het swaar reën opdrifsels onder die waterval laat ophoop wat die wandelpaadjie ontoeganklik gemaak het.
Die grondpad tot by die waterval is ook ernstig beskadig.
Die munisipaliteit het vandeesweek aangekondig dat die grondpad tot by die waterval herstel is.
Die waterval is ongeveer 35 km buite Oudtshoorn verby die Kango Bergoord en Raubenheimerdam geleë.
Die waterval is aanvanklik gesluit weens 'n ernstige brand in Desember 2015.
Die pad na die waterval nadat dit onlangs herstel is. Foto: Oudtshoorn Munisipaliteit.
Die pragtige natuurskoon by die waterval. Foto: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'