OUDTSHOORN NUUS - Die Rust en Vrede-waterval buite Oudtshoorn is weens vloedskade na die afgelope naweek se reën tydelik gesluit.
Volgens die Oudtshoorn-munisipaliteit het hulle reeds met die herstelwerk begin en behoort die waterval weer vanaf 20 Maart vir die publiek oop te wees.
Die Rust en Vrede-waterval was verlede jaar Maart-maand ook weens vloedskade gesluit, maar volgens die munisipaliteit die skade nie so erg soos verlede jaar s’n nie.
Die pragtige waterval.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'