Die doel was om 'n verskil te maak aan die lewens en omstandighede van kinders. Die Jeugklub van die De Rust Primêre Skool te Blomnek, De Rust, is as die begunstigde vir 2014 gekies.
In samewerking met Famsa Karoo, onder wie se vaandel die jeugklub val, en onder leiding van me. Alta Fourie (opvoeder, De Rust Primêr), is kinders tussen 10-14 jaar regdeur die jaar by opvoedkundige en leersame ontspanningsaktiwiteite betrek.
Die personeel van Sanlam het dwarsdeur die jaar geld ingesamel deur vetkoeke, geroosterde broodjies en koek te verkoop.
Met die geld is benodigdhede aangekoop vir die jeuggroep se brei-, weef-, kuns- en sportprojekte.
Op Maandag 17 November het die Sanlammers vanaf George na De Rust deurgery. Daar is speletjies met die kinders gespeel wat energiek en entoesiasties deelgeneem het. Daarna is daar koek, koeldrank en eetgoed uitgedeel.
Lede van die jeugklub het spesiaal 'n plakkaat gemaak om Sanlam vir hulle skenking en betrokkenheid te bedank. Die volgende Sanlam-personeellede was by die CSI-projek betrokke: Martin Spreeth (heelregs, streekbestuurder), Lettie Vrey (middel, CSI-verteenwoordiger), Erna Venter, Debbie Muller, Anneke van Emmenis en Eddie Dicker.
In jolige luim
Kinders wat deel is van die jeugklub.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'