OUDTSHOORN NUUS - 'n Rolbaldag word op Vrouedag, 9 Augustus, vir drie atlete gehou wat hoop om die land in Portugal tydens die Laser Run Wêreldbyeenkoms van 22 tot 25 September te verteenwoordig.
Bertus Myburgh en sy seuns, Albert en Pierre, is gekies vir die Sampa-span en het dringend fondse nodig om deelname moontlik te maak.
Die rolbaldag vind by die rolbalklub in Heatherpark (George) vanaf 08:30 tot 14:00 plaas. Enigiemand is welkom om die dag te ondersteun. "Jy hoef nie 'n rolbalspeler te wees nie. Balle gaan deur klub voorsien word om te gebruik," het Myburgh gesê. Behalwe vir die drie atlete is daar ook ander atlete van Eden MPA (modern pentathlon) wat gekies is vir die Sampa-span.
"Enige donasie vir die atlete sal ook waardeer word," het Myburgh gesê.
Vir meer inligting kontak Bertus Myburgh by 082 254 8369.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'