OUDTSHOORN NUUS - Andries Janse van Rensburg, Thinus Oelofse en Marius Roberts van George het die afgelope naweek die Oudtshoorn-tripstoernooi gewen en in die proses R 15 000 ingepalm. Die dag is deur TimberCity en PG Glass geborg en deur die Oudtshoorn-munisipaliteit geondersteun.
Altesaam 32 spanne (drie lede per span) van sover as Gqeberha, Grahamston en Kaapstad het aan die toernooi deelgeneem wat op Vrydag 1 Julie begin en op 2 Julie geeindig het.
Die tweede plekke, Billy Radloff, Pieter Hufke en Zakes Semelane, ook van George, het R10 500 gewen, terwyl die Oudtshoorniete Rudi Venter, Hennie van Greunen en Willie Visagie vir hul derde plek R7 500 ingepalm het.
Kom ons meet so bietjie om seker te maak.
Die rolbal-tripstoernooi is in ideale, sonnige weer gespeel. Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'