Update
OUDTSHOORN NUUS -Vonnisverrigtinge in die saak teen 'n vrou van Dysselsdorp, wat in 2016 in 'n toilet geboorte geskenk het aan 'n seuntjie en toe geweier het om van die toilet af te klim voordat die kind ophou huil het, kon nie verlede week plaasvind nie.
Haar regsverteenwoordiger het hom aan die saak onttrek, klaarblyklik omdat hy nie vir sy dienste betaal word nie.
Haroldene Korkee (42) het die hof na die onttrekking van haar regsverteenwoordiger, Christo van der Bergh, meegedeel dat sy om regshulp aansoek wil doen.
Streeklanddros Ntsoki Moni het in haar uitspraak gesê dat dit onmoontlik is vir 'n vrou met drie kinders om nie te weet dat sy swanger is soos wat Korkee voorgegee het nie.
Sy kon nie van die toiletpot opgestaan nie omdat sy kwansuis te swak was. Tog was sy sterk genoeg om self na die ambulans te stap.
Die hof het Korkee se weergawe as onwaarskynlik verwerp en bevind dat sy bedoel het om die kind dood te maak.
Korkee het Vrydag regshulp gekry en die saak is vir vonnisverrigtinge tot 24 April uitgestel.
Sy is sedert haar skuldigbevinding in aanhouding.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'