OUDTSHOORN NUUS - Welkome reën en donderweer het gister laatmiddag oor die Klein-Karoo uitgesak.
Hoewel Oudtshoorn min reën gekry het, blyk dit egter dat dit heelwat in De Rust gereën het, en daar ook skade deur die reën aangerig is.
Volgens inligting wat die Oudtshoorn Courant ontvang het, het bome omgewaai en was daar ook oorstromings in dele van die dorp.
'n Inwoner het aan die Oudtshoorn Courant gesê dat raadslid Jan van der Ross, saam met munisipale werkers, laat gisteraand die hoofstraat begin skoonmaak het.
'n Navraag is aan die Oudtshoorn-munisipaliteit gestuur oor die omvang van die skade.
'n Navraag is aan die Oudtshoorn-munisipaliteit gestuur oor die omvang van die skade.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'