OUDTSHOORN NUUS - Die raadsvergadering wat vanoggend om 10:00 sou plaasvind is vanoggend deur die speaker, Julia le Roux uitgestel.
Volgens haar is sy nie gemaklik met die wettigheid van 'n item wat verlede Vrydag in komitee deur die raad behandel is nie.
Alhoewel dit nie bevestig is nie, is dit waarskynlik die kwessie waarvolgens die raad glo Vrydag voorgestel het dat die speaker en raadslid George Kersop op verpligte verlof geplaas word na aanleiding van 'n gedeelte van die Webber Wentzel-verslag waarin amptenare en raadslede genoem word.
In haar verklaring vanoggend sê Le Roux sy het haar kommer oor die regmatigheid van die item met die waarnemende munisipale bestuurder bespreek en besluit om die vergadering uit te stel totdat sy 'n regsopinie kry oor die wyse waarop die item tydens Vrydag se vergadering voorgelê is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'