OUDTSHOORN NUUS - Onstoke inwoners van Rosebank het vanoggend een van die hoofpaaie in hul buurt met brandende houtstompe en buitebande versper.
Volgens die groep se woordvoerder, is die inwoners ongelukkig oor dienslewering.
"Ons bly al vier maande in die hokke langs die pad," het hy gesê. "Hoekom kan die Oudtshoorn-munisipaliteit nie ook tydelike toilette en water aan ons verskaf soos in Hopeville nie?"
Volgens hom raak inwoners langs die pad van hul ontlasting en urine ontslae.
Hy sê die betrokke wyksraadslid is in kennis gestel van die situasie, maar dat geen aksie het tot op hede gevolg nie.
Die Oudtshoorn-polisie monitor tans die situasie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'