OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-polisie het op Saterdag 10 Mei hul 'Junior Commissioner Project' by die CP Nel-museum aangebied.
Die wenners van die projek was as volg:
• Denwill Botha, (junior Vispolhoof)
• Miche Lemmetius (wenner en junior stasiebevelvoerder)
• Jaylee Ann Botes (junior speurder bevelvoerder)
• Danique Damons (junior bystandhoof).
Die projek is ’n konsep wat ’n geleentheid skep aan die jeug om bemagtig te word in leierskap, mentorskap, asook etiese waardes. Graad-9 leerders neem deel aan die projek wat twee jaar duur. Die eerste kompetisie was op stasievlak waarna die wenners sal deelneem op distrikvlak waar 21 polisiestasies in die Tuinroete-distrik gaan deelneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’