Waar Beneath die teorie is van die sielkunde van die onderbewussyn en die invloed daarvan op ’n mens se gedrag, bied Eerstewater insig in die mens se stryd om sielkundig en prakties te oorleef. Deur die verhale van doodgewone mense, in Prins albert delf die filmmakers diep in die psige van die “akteurs” wat almal inwoners is van die dorp is en volgens Smit randfigure is.
Daar is Pat Marincowitz, eens een van die dorp se voorste boere wat nou deur doofheid van die wêreld afgesny voel; Piet Cordier, of Blinde Piet, kafee-eienaar, klavierstemmer en musikant; asook Maggie Hendricks, al by die honderd jaar oud; Neels van der Nest, die Unity Male Voices en Henry Prins en Wilfred Maarman.