OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ‘n oudpolisielid, Dale Mackintosh, van Oudtshoorn wat teregstaan op 200 aanklagte van kinderpornografie is verlede Woensdag in die Oudtshoorn-streekhof vir slotargumente tot 4 Maart uitgestel.
Die staat het sy saak na die getuienis van ‘n pornografie deskundige van Pretoria gesluit.
Dale Mackintosh (64) word daarvan aangekla dat hy in Desember 2018 in besit was van ‘n film of publikasie wat uitbeeldings, beskrywings of tonele van kinderpornografie bevat.
Hy is in 2019 in hegtenis geneem nadat sy gewese vrou glo sy tabletrekenaar na die polisie geneem het nadat sy die foto’s daarop ontdek het. Hy pleit onskuldig op al die klagtes.
In sy pleitverduideliking erken hy dat hy die foto’s op sy rekenaar afgelaai het, maar nie bewus was dat die kinders op die foto’s minderjarig is nie.
Die staat het sy saak na die kruisondervraging van die deskundige, Mmaletjema Poto, gesluit.
Adv. Michelle Weyers verskyn vir die staat en Gideon Badenhorst vir die beskuldigde.
Hy is op waarskuwing vrygelaat.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'